Oupa Se Wals

'n Geroeste ou osploeg met die plaas naam Behand
Begroet jou voor jy afdraai in die lang turksvy land
Die geslagte van oorerfs staan rond om die skuur
Onder rooi stof en roes verf lanks die ou sandsteen muur

Maar vandag leef die plaaswerf want Oupa verjaar
Die genade het hom tagtig jare gespaar
Hy swoeg en hy sweet nou lankal nie meer
Maar sy konsertina vingers het nog nooit iets makeer

Speel vir ons Oupa se wals
Hy het Oupa se kop uitgekry
In Oupa se oë is 'n glans
As sy vingers oor die blink note gly

Speel vir ons Oupa se wals
Hy het Oupa se kop uitgekry
In Oupa se oë is 'n glans
As sy vingers oor die blink note gly

Oom Kwik, Pa se ouboet vertel weer vir my
Die Wheatstone was koning van die hele kontrei
'n Verjaardag, 'n bruilhof, jy sal Oupa daar kry
'Wyl sy groot plaasboer vingers oor die blink note gly

Speel vir ons Oupa se wals
Hy het Oupa se kop uitgekry
In Oupa se oë is 'n glans
As sy vingers oor die blink note gly

Speel vir ons Oupa se wals
Hy het Oupa se kop uitgekry
In Oupa se oë is 'n glans
As sy vingers oor die blink note gly

Speel vir ons Oupa se wals
Hy het Oupa se kop uitgekry
In Oupa se oë is 'n glans
As sy vingers oor die blink note gly

Speel vir ons Oupa se wals
Hy het Oupa se kop uitgekry
In Oupa se oë is 'n glans
As sy vingers oor die blink note gly
As sy vingers oor die blink note gly

Canzoni più popolari di Lance James

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)