Mag Die Engele Wag Hou Oor Jou

Daar is soveel herrinering van gister
Wat roep uit vergange se dae
Daar is soveel verhale van ons lewe
Wat ek ewig sal saam met my dra

Ek onthou steeds ons jonk wees se drome
Mooiste beelde geskilder in blou
Ek onthou steeds die glimlag in jou oë
Oë wat ek vir ewig onthou

O die tyd gaan gou verby dit weet ons
En alles bly verander, dit is so
Maar jy't my geleer van vertroue
My geleer om in drome te bly glo

Nou's jy weg, dis die einde van die drome
Van die huis wat ons twee saam wou bou
Mag die engele waak oor jou my liefling
En mag die engele wag hou oor jou

Daar is soveel herrinering van gister
Wat roep uit vergange se dae
Daar is soveel verhale van ons lewe
Wat ek ewig sal saam met my dra

Ek onthou steeds ons jonk wees se drome
Mooiste beelde geskilder in blou
Ek onthou steeds die glimlag in jou oë
Oë wat ek vir ewig onthou

As ek blaai deur die boek van my lewe
En soek na gister se goud
Dan herleef ek dit weer in gedagtes
Dan hoor ek jou stem hier en nou

Daar's ou foto op die tafel langs my Bybel
Net 'n foto om te sê dat ek onthou
Dat ek glo in liefde sonder einde
Dat ek eendag jou weer vas sal hou

Mag die engele waak oor my liefde
Mag die engele wag hou oor jou
Mag die mooiste verhale van ons lewe
My bly help om jou lewend te hou

Mag die huis van ons drome nooit val nie
Mag dit staan op die rots van onthou
Mag die engele waak oor my liefling
Mag die engele wag hou oor jou

Mag die engele bly waak oor ons liefde
Mag die engele wag hou oor jou

Canzoni più popolari di Lance James

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)