Kan 'n Swaeltjie Vlieg?

Jy vra vir my of ek nog vir jou lief is en ek sê vir jou
Dat ek nog vir jou lief is
Maar dan vra jy my of jy my hartedief is?
En al wat ek kan sê is

Kan 'n swaeltjie vlieg? (Kan 'n swaeltjie vlieg?)
Is daar water in die see? (Is daar water in die see?)
En ek kan sê die maan skyn hoog daarbo
Maar wat anders kan ek sê sodat jy my sal glo?

Jy vra vir my of ek aan jou getrou bly, en ek sê vir jou
Dat ek aan jou getrou bly
Maar dan vra jy my of ek ooit sal berou kry?
En al wat ek kan sê is

Kan 'n swaeltjie vlieg? (Kan 'n swaeltjie vlieg?)
Is daar water in die see? (Is daar water in die see?)
En ek kan sê die maan skyn hoog daarbo
Maar wat anders kan ek sê sodat jy my sal glo?

Jy vra vir my is liefde ewigdurend en ek sê vir jou
Die liefde's ewigdurend
Maar dan vra jy my is liefde ooit versurend?
En al wat ek kan sê is

Kan 'n swaeltjie vlieg? (Kan 'n swaeltjie vlieg?)
Is daar water in die see? (Is daar water in die see?)
En ek kan sê die maan skyn hoog daarbo
Maar wat anders kan ek sê sodat jy my sal glo?

Kan 'n swaeltjie vlieg? (Kan 'n swaeltjie vlieg?)
Is daar water in die see? (Is daar water in die see?)
En ek kan sê die maan skyn hoog daarbo
Maar wat anders kan ek sê sodat jy my sal glo?

Canzoni più popolari di Lance James

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)