Tasse Vol van Gister
Ek sien haar elke oggend
As sy drome koop
Sy loer in elke venster
En ek wil langs haar loop
Liewe Jesus sien al Sy mense
En Hy is lief vir haar
Dis goed ja ‘n goeie keuse
Ek dink ek moet haar vra
Gee my al jou tasse vol van gister
Kom kies ‘n nuwe droom
Dis als op my
Ek weet jy dra nog swaar
Aan jou verlede
By my is jou verlede altyd verby
Ek sien al toe 'n entjie verder
En sien ‘n hart te huur
Dis hier dis ongebroke
Maar dis peperduur
Ek sê engel
Kom kyk hier binne
Jy’t klaar my hart gesteel
En met ‘n soen en ‘n belofte
Kan ons my hart maar deel
Gee my al jou tasse vol van gister
Kies ‘n nuwe droom
Dis als op my
Ek weet jy dra nog swaar
Aan jou verlede
By my is jou verlede altyd verby
O gee my al jou tasse vol van gister
Kom kies ‘n nuwe droom
Dis als op my
Ek weet jy dra nog swaar
Aan jou verlede
By my is jou verlede altyd verby
Ek sien haar elke oggend