Ek laaik haar

Aan die anderkant van die Engelse see
Het ek liefde gevind my hart weggegee
Sy het agter gebly sy is myle van hier
Maar ek voel haar daar brand nog 'n vuur

Sy was altyd die eerste gedans soos die wind
In die yskoue winter het ons liefde gevind
Maar ons hoort in die suide die son en die see
En ek hoop maar die tyd sal haar leer

Ek laaik haar ek laaik haar haar oë maak my mal
Haar lyf sê sy's myne in enige taal
Ek laaik haar ek laaik haar haar oë laat my bloos
Vir altyd my heel mooiste roos

My briewe kry vlerke my hart het geland
My liefde word sterker ek vra vir haar hand
Sy verlang na die somer die Franschhoek Vallei
Sy wil terug kom haar hart sal haar lei

Sy onthou nog die berge wat bo oor ons seil
Sy verlang na die dale so mooi dat jy huil
Van riviere en strome genade van bo
In ons land sal sy leer om te glo

Ek laaik haar ek laaik haar haar oë maak my mal
Haar lyf sê sy's myne in enige taal
Ek laaik haar ek laaik haar haar oë laat my bloos
Vir altyd my heel mooiste roos

Ek laaik haar ek laaik haar haar oë maak my mal
Haar lyf sê sy's myne in enige taal
Ek laaik haar ek laaik haar haar oë laat my bloos
Vir altyd my heel mooiste roos

Ek laaik haar ek laaik haar haar oë maak my mal
Haar lyf sê sy's myne in enige taal
Ek laaik haar ek laaik haar haar oë laat my bloos
Vir altyd my heel mooiste roos

Ek laaik haar ek laaik haar haar oë maak my mal
Haar lyf sê sy's myne in enige taal
Ek laaik haar ek laaik haar haar oë laat my bloos
Vir altyd my heel mooiste roos

Ek laaik haar ek laaik haar haar oë maak my mal
Haar lyf sê sy's myne in enige taal
Ek laaik haar ek laaik haar haar oë laat my bloos
Vir altyd my heel mooiste roos

Canzoni più popolari di Kurt Darren

Altri artisti di