Ruil Jou Vir My
Ek's nie meer seker wat af en wat op is nie
Of jy in my lewe of net in my kop is nie
Hoelank gaan dit aanhou gebeur hoekom stop dit nie?
Hoekom stop dit nie?
Asof jy nie weet wat jy het nie
Jy lê nie meer in my bed nie
Ek dink nie ons kan dit meer hê nie
Kan ons net nie
Jy's reg vir iemand anders jy is net nie reg vir my
Ek wil jou nie verander nie ek
Soek net meer as wat ek kry
So ek ruil jou vir my, vir my, vir my
So ek ruil jou vir my, vir my, vir my
Ek ruil jou vir my
Dit raak al hoe donkerder kan nie die son voel nie
Jou woorde is baie maar weet jy bedoel dit nie
Ek is nie meer seker wat hierdie gevoel is nie
Geen gevoelens nie
Ek weet nie meer wat ons is nie
Dis asof jy my nie eers mis nie
Maar vure is nog nie geblus nie
Nee hulle is nie
Jy's reg vir iemand anders jy is net nie reg vir my
Ek wil jou nie verander nie ek
Soek net meer as wat ek kry
So ek ruil jou vir my, vir my, vir my
Ja ek ruil jou vir my, vir my, vir my
Ek ruil jou vir my
Ek's nie meer seker wat af en wat op is nie
Of jy in my lewe of net in my kop is nie
Hoelank gaan dit aanhou gebeur hoekom stop dit nie?
Hoekom stop dit nie?
So ek ruil jou vir my, vir my, vir my
Ja ek ruil jou vir my, vir my, vir my
Ek ruil jou vir my, vir my, vir my