Dames en Here

Dames en here
Is u ontevrede?
Is alles wat mooi is
Net in die verlede?
Is almal wat omgee
Al lankal oorlede?
Of staar u net vas
In u eie ooglede?

Die probleem
Van gee en neem

Die realiteite
En sleutel besluite
Vir u oorlewing in die samelewing
Universiteit ekonomies gestuit
En die gaping raak groter
'n Uil op 'n kluit

Smelt die beelde
Ons leef in weelde

Luister vir die tannie
Luister vir die oom
Tannie met die tellie en die mikrofoon
Tannie het 'n antwoord, tannie het 'n droom
Want tannie is die skuim en tannie is die room
Luister liewe kinders na tannie se verhaal
Tannie moes haar toekoms uit die aarde haal

Mamma se kinders van mamma se taal
Kyk links kyk regs
Hou links
Hou links

Somtyds voel jy skuldig
Somtyds voel jy kwaad
Somtyds voel jy lus om net daaroor te praat

Oor ouma en oupa wat gesit het op die stoep
Ouma en oupa kan nie antwoord as jy roep

Liefde is die antwoord
Liefde is die droom
Meegevoel Suid Afrika
Meegevoel jou troon

Luister vir die tannie
Luister vir die oom

Kyk links
Kyk regs
Hou links
Hou links

Die probleem
Van gee en neem

Canzoni più popolari di Karen Zoid

Altri artisti di Pop rock