Byeboerwa

1891, Pelgrimsrus
Toe byeboer uit die bed opstaan
Hy't vas besluit hy trek hier uit
Want hy wil na die stiltes gaan

En hy pak sy wa
Sy ossewa byeboerwa
Sy tent en sy donkie saam
En hy kom toe op die grootpad aan

Rondom Graskop, daar loop sy spoor
Tussen Sabie en Malieveld
By die Krokodilpoortberg trek hy oor
En hy kom tot op Barberton

Die wiele rol, sy ossewa byeboerwa
Die kakebeen byeboerwa
Kon die swaar vrag net net dra

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla

1893, span hy uit
En maak 'n hartbeeshuisie staan
Lebomboberge kon hom nie stuit
By die Limpopo geil sy graaf

En daar staan sy wa
Sy ossewa byeboerwa
En sy hart is bly en vry
Met die stilte aan sy sy

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla

1930, hy's afgeleeg
En byeboer voel stokalleen
Hy mis die jolyt van Pelgrimsrus
En hy vryf so oor sy kakebeen

Maar in 1930 Pelgrimsrus
Is die dorp se gees geblus
Dis 'n spookdorp, wat in stilte wurg
Al wat oorbly is Johannesburg

En daar trek sy wa
Sy ossewa byeboerwa
En sy tent, en sy donkie saam
En hy kom toe op die grootpad aan

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Blom in die hare en bye wat pla
Byeboer byeboer byeboerwa

Canzoni più popolari di Johnny

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)