Skielik Is Jy Vry

As niemand van jou hoor nie
As niemand van jou weet nie
Kan jy tog niks verloor nie
Kan niemand jou vergeet nie

As niemand jou bemin nie
As niemand jou ooit raak nie
Kan niemand trou versin nie
Kan niemand jou versaak nie

Ja, dis tog so eenvoudig, dis jy, alleenlik jy
En die groter sorge gaan vanself verby
Niks om te verhaal nie, net die vrede bly en niks om te betaal nie
En skielik is jy vry

As jy op niemand leun nie
En niks van iemand vra nie
Hoef niemand jou te steun nie
Hoef niemand jou te dra nie

Ja, dis tog so eenvoudig, dis jy, alleenlik jy
En die groter sorge gaan vanself verby
Niks om te verhaal nie, net die vrede bly en niks om te betaal nie
En skielik is jy vry

Ja, niks om te betaal nie
En skielik is jy vry

Canzoni più popolari di Johannes Kerkorrel

Altri artisti di Pop rock