Nagwag
Een yswind
Waai en waai
'n Haan verloën homself en kraai
En wag
Maar dit bly nag
Volkome nag
Eindelose ure
Van sluimer waak oor konka-vure
En die vuur se gloed verlig nie
Eens een lyf
Of gesig nie
Nie een lyf
Of gesig nie
Eindelose ure
Van sterre
En van konka-vure
Van waak
En wag
Volkome wag
Maar die dag bly weg
Die maan word lood
En een-een gaan
Die sterre dood
Eindelose ure
Van sterre
En van konka-vure
Van waak
En wag
Volkome wag
Maar die dag bly weg
Die maan word lood
En een-een gaan
Die konkas dood
Ja, die dag bly weg
Die maan word lood
En een-een gaan
Die sterre dood