Verlore Seun

JO BLACK, JOHAN VORSTER

Ek was die een wat
Die grondpad geloop het
Het als verloor toe
Ek my siel gaan verkoop het
My hart verruil vir
'n Leuen en 'n valse droom

Maar ek onthou
Die fees in my Pa se huis
Het nooit gedink
Ek sou sit met 'n hand vol gruis
Ek verlang na die dae
Toe ek Joune was

Nou staan ek hier
Met die langpad so ver agter my
En Jy staan met Jou arms
Uitgestrek na my

Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Want ek was vir te lank weg
Jou genade maak alles reg
Ek was die verlore seun

Nou sit ek hier
En ek weet wat ek verdien
Ek het gesien hoe groot
Jou genade is
'n Seun soos ek
Weer terug in sy Pa se huis

My skuld was blind
Ek was skaam om
Jou weer te sien
Ek was so vuil
Maar Jy het my opgetel
'n Nuwe kleed
Het Jy aan my lyf gehang

Nou staan ek hier
Met die langpad so ver agter my
En Jy staan met Jou arms
Uitgestrek na my

Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Want ek was vir te lank weg
Jou genade maak alles reg
Ek was die verlore seun

Ek kom terug na Jou toe
Want ek was vir te lank weg
Jou genade maak alles reg
Ek was die verlore seun

Canzoni più popolari di Jo Black

Altri artisti di Pop rock