Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap

Soos die son gaan sak en alles op die platteland weer stiller raak
Is daar iets in jou en my wat ons weer wakker maak
Dis die stem wat praat
Sal ons ooit weer kan slaap?

En as dit donker raak en die stad se ligte alles vir ons helder maak
Sien ons die gevaar op elke hoek en straat
Dis die stem wat praat
Sal ons ooit weer kan slaap?

Sê my hoor jy, dis 'n stem wat roep
Sê my voel jy, loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my, voel jy dit binne jou?
Sê my hoor jy?

In 'n donker land, waar die rykste hand bly uitreik na 'n arm hand
Tot die grootste man val op sy knieë en vra vir raad
Hoor jy die stem wat praat wat oor ons almal waak?

As ons kinders slaap en die hemel steeds sy kerse vir hul aan die brand
Gee dit my hoop ten minste net vir nog 'n aand
Al wat ek jou vra
Sal ons ooit weer kan slaap?

Sê my hoor jy, dis 'n stem wat roep
Sê my voel jy, loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my, voel jy dit binne jou?
Sê my hoor jy?

Sê my hoor jy, dis 'n stem wat roep
Sê my voel jy, loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my, voel jy dit binne jou?
Sê my hoor jy?

Sê my hoor jy, hoe die stemme roep?
Sê my voel jy, loop dit deur jou bloed?
Ek voel dit binne my, voel jy dit binne jou?
Sê my hoor jy?
Ek voel dit binne my, voel jy dit binne jou?
Sê my hoor jy?

Canzoni più popolari di Jay

Altri artisti di Pop rock