Praat Jou Hart Uit
Daar is woorde wat gelyk maak
Daar is woorde wat kan heel maak
Daar is woorde wat verstaan
Daar is woorde wat jou siel raak
Dis die woorde wat reguit praat
En jy weet waaroor dit gaan
Want stilbly sal keer wat jy regtig wil hê
So breek deur die stilte en sê
Praat jou hart uit
En sê wat jy bedoel
Praat jou hart uit
Ek wil weet hoe jy nou voel?
Net die waarheid
Al maak dit my seer
Want net jy weet
Hoe ek dink en hoe ek doen
Ja net jy weet
Daai gevoel as ek jou soen
Is al wat ons het
Kan red as jou hart met my praat
Daar is woorde wat kan seermaak
En dis goed om te vermy
As jy weet wat hulle is
Daar is vrae wat te diep sny
Maar jy vat dit soos ‘n man
As jy antwoorde wil kry
Want stilbly sal keer wat jy regtig wil hê
So breek deur die stilte en sê
Praat jou hart uit
En sê wat jy bedoel
Praat jou hart uit
Ek wil weet hoe jy nou voel
Net die waarheid
Al maak dit my seer
Want net jy weet
Hoe ek dink en hoe ek doen
Ja net jy weet
Daai gevoel as ek jou soen
Is al wat ons het
Kan red as jou hart met my praat
Want stilbly sal keer wat jy regtig wil hê
So breek deur die stilte en sê
Praat jou hart uit
En sê wat jy bedoel
Praat jou hart uit
Ek wil weet hoe jy nou voel
Net die waarheid
Al maak dit my seer
Want net jy weet
Hoe ek dink en hoe ek doen
Ja net jy weet
Daai gevoel as ek jou soen
Is al wat ons het
Kan red as jou hart met my praat