Kan Nie Sonder Jou Nie

Draai net om en hou my vas
Vergeet van alles om jou en dit wat was
En al lyk die pad soms vir ons duister
Wil ek vir jou sê dat ek daar is, elke oomblik sal ek by jou staan, deur alles

Want ek kan nie sonder jou
Ek kan nie sonder jou nie
Ek weet ek sê dit weer en weer, ek wil jou nie verloor nie

Want ek kan nie sonder jou
Ek kan nie sonder jou nie
Sê jy sal nie weer 'n keer jou hart van my weerhou nie
Want ek kan nie sonder jou nie

Ek voel jou hartklop teen my lyf
Ek maak my oë toe soos ek in jou arms swyg
Voel jou vingers teen my lippe huiwer
Want die waarheid is dat ek daar is
Elke oomblik sal ek by jou staan, deur alles

Want ek kan nie sonder jou
Ek kan nie sonder jou nie
Ek weet ek sê dit weer en weer, ek wil jou nie verloor nie

Want ek kan nie sonder jou
Ek kan nie sonder jou nie
Sê jy sal nie weer 'n keer jou hart van my weerhou nie
Want ek kan nie sonder jou nie

As jy ons nie 'n kans wil gee sal jy nie weet nie
Net die tyd sal jou kan leer dat jy myne is

Ek kan nie sonder jou
Ek kan nie sonder jou nie
Ek weet ek sê dit weer en weer, ek wil jou nie verloor nie

Want ek kan nie sonder jou
Ek kan nie sonder jou nie
Sê jy sal nie weer 'n keer jou hart van my weerhou nie
Want ek kan nie sonder jou nie
Ek kan nie sonder jou nie

Canzoni più popolari di Jay

Altri artisti di Pop rock