Dors

Jy lyk so dors vir my

Ek het my nommer verloor kan ek joune kry?
As jy jou lippe so lek ah doen jy dit vir my
Jy sien my ek weet dit hou verby vergeet dit

Voel jy die hemp van my troumateriaal
Kan ek ‘n pleister kry ek het vir jou geval?
Jy soek my ek weet dit hou verby vergeet dit

Jy lyk so dors vir my
Sal jy ‘n drankie saam my kry?
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel jy’s oulik

Ek’s bietjie dors vir jou
So 'n dubbel brandewyn my nou
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel ek’s dors vir jou

Is jy dalk ‘n Wêreldbeker want ek wil jou wen
Is jou liggaam ‘n wêreldkaart want ek wil jou verken
Jy gee my ‘n kopseer
My glas leeg maak vol weer
Ja ek weet ek verdien jou nie
Maar ek sal weer en weer en weer en weer probeer

Jy lyk so dors vir my
Sal jy ‘n drankie saam my kry?
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel jy’s oulik

Ek’s bietjie dors vir jou
So 'n dubbel brandewyn my nou
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel ek’s dors vir jou

Jolene
Jy lyk bietjie lyk bietjie dors vir my
Jy vat bietjie baie dan mors op jy
Ek weet sy sal nie maar jy moenie val nie
Jy woon op 'n stalletjie hoekom gaan haal jy nie ene vir jou nie
Jy gat haar naam nie eers more onthou nie
Eers as jy wou nie
Sy’s af die Kaap af en jy’s af Benoni

Sluk maar net boet moenie kou nie sy gaan jou nie trou nie jy’s nie daardie ou
Sy’s warm nie lou nie sy val nie vir jou nie sy soek ‘n Kurt Darren nie Nicholis Louw nie
Sy maak lekker boerbeskuit
Jy maak lekker moeilikheid
Kry nou klaar dis slaapietyd
Jy nie haar nie jou nie

Jy lyk so dors vir my
Sal jy ‘n drankie saam my kry?
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel jy’s oulik

Ek’s bietjie dors vir jou
So 'n dubbel brandewyn my nou
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel ek’s dors vir jou

Ek’s bietjie dors vir jou (Dors vir jou)
So 'n dubbel brandewyn my nou
Net so fyn op die klippe ooh net so sag op die lippe
Ek’s jammer maar flippen hel ek’s dors vir jou

Canzoni più popolari di Jay

Altri artisti di Pop rock