Boereplaas / Jantjie Pieterse

O boereplaas geboortegrond
Jou het ek lief bo alles
Al dwaal ek heel die wêreld rond
Waar so gelukkig so gesond

O boereplaas geboortegrond
Jou het ek lief bo alles

O moederhuis waar ooit so tuis
Jou het ek lief bo alles
Die wêreld rykdom prag en praal
Kan jou verlies my nooit betaal

O moederhuis waar ooit so tuis
Jou het ek lief bo alles

O moedertaal o soetste taal
Jou het ek lief bo alles
Van al die tale wat ek hoor
Niks wat my siel ooit so bekoor

O moedertaal o soetste taal
Jou het ek lief bo alles

Maar kan ek jou vertel van die storie van my pel
Hy's die middelkind van drie, waar hy bly is daar nie teerpad nie
Hy ken van grondpad loop na die padstal vir hul brood
Van melk haal by die boer as hy sy hout aan hom verkoop

Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan ek kyk na jou
En ek wonder waaroor die lewe gaan

Kameraadskap, liefde en vertroue vind ek in jou
Jantjie jy wat weet van swaarkry as die wintermaande nader kruip
Ouboet vry die meisies maar jy moet by die huis wees
Om na jou ma te kyk omdat jou pa net daar in gees kan wees

Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan ek kyk na jou
En ek wonder waaroor die lewe gaan

Dan staan ek by myself en kyk watter lewe maak mens ryk
Een van tyd en geld of dalk die een van Jantjie in die veld

Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan ek kyk na jou
En ek wonder waaroor die lewe gaan

Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan en ek kyk na jou
En ek weet nou waaroor die lewe gaan

O harts verlang
Oor Suiderland
Jou het ek lief
Bo alles

Die Afrika son wat huis toe kom
En die hemel wat hom hou
Is eindloos blou

O harts verlang
Oor Suiderland
Jou het ek lief
Bo alles

Canzoni più popolari di Jannie Moolman

Altri artisti di Opera