Bokkie Waar's Jou Hart?

Die lewe is ‘n legkaart
En al die stukke lê deurmekaar
As ons uiteindelik in mekaar pas
Is die lewe reeds weer klaar

Elke dag dan kom die son op
En elke aand gaan hy weer sak
Dis ‘n dag wat goed verby is
Ek sit my legkaart in sy rak

Maar my bokkie waar’s jou hart?
My bokkie waar’s jou hart?
My bokkie waar’s jou hart?
Hier sit ek nou in pyn en smart

En die donker gaan my vang ja
Ja die donker gaan my vang
Die donker gaan my vang
As ek na jou aanhou verlang

Ja ‘n vrou wil dit nog hoor
Dat haar man haar nog bemin
Maar niemand op hierdie aarde weet
Hoekom sê ons dit so min

Want ‘n vrou wil hê haar man
Moet haar nog soen soos toe sy jonk was
Sy will sy arms om haar lyf hê
Sy wil hom voel soos toe hy stout was

Maar my bokkie waar’s jou hart?
My bokkie waar’s jou hart?
My bokkie waar’s jou hart?
Hier sit ek nou in pyn en smart

En die donker gaan my vang ja
Ja die donker gaan my vang
Die donker gaan my vang
As ek na jou aanhou verlang

Maar ‘n man is nie ‘n klip nie
Ja ‘n man is nie ‘n klip nie
‘n Man wil dit ook hoor
Dat net sy liefde haar bekoor

Baie skatte is nie belangrik nie
Hoe jy lyk maak minder saak
Dis net die rykdom van jou siel
Waaraan sy eintlik graag wil raak

Maar my bokkie waar’s jou hart?
My bokkie waar’s jou hart?
My bokkie waar’s jou hart?
Hier sit ek nou in pyn en smart

En die donker gaan my vang ja
Ja die donker gaan my vang
Die donker gaan my vang
As ek na jou aanhou verlang

As ‘n bus my more trap
As ‘n bus my more trap
As ‘n bus my more trap
Dan het die Here my kom vat

Curiosità sulla canzone Bokkie Waar's Jou Hart? di Jak de Priester

Quando è stata rilasciata la canzone “Bokkie Waar's Jou Hart?” di Jak de Priester?
La canzone Bokkie Waar's Jou Hart? è stata rilasciata nel 2015, nell’album “Ek Reis na Gister”.

Canzoni più popolari di Jak de Priester

Altri artisti di Afrikaans