Verspeelde Kanse
Wel as jy op die langpad ry
Die landskap stel by jou verby
Kry jy kans om te dink, feite om in te sink
En jy wonder hoe het jy tot hier gery?
En jy dink aan hoe dinker
En scheme al jou schemes
Die pad word al hoe korter
En korter en jy wonder waar is al jou dreams?
Verspeelde kanse
Draai soos 'n movie in jou kop
En jy’s die hoof karakter in jou eie sepie my bok
En jy weet jy maak nie weer dieselfde fout nie
En jy ruik al die reuke
En sien al die dorpe
Jy hoor al die geluide
Van plekke vêr van hier
Jy verlang na jou kinders
En die lag in hul oë
Jy weet dit is ‘n gawe
Aan jou gegee van Bo
Verspeelde kanse
Draai soos 'n movie in jou kop
En jy’s die hoof karakter in jou eie sepie my bok
Jy het heeldag van gister se lady gedroom
Maar weet jy daar iewers in die verte staan jou koelte boom
Verspeelde kanse
Draai soos 'n movie in jou kop
En jy’s die hoof karakter in jou eie sepie my bok
En jy weet jy maak nie weer dieselfde fout nie