Trek Aan Jou Trui
Hoeveel songs sal ons vir die Bokke sing
Om daai beker terug te bring?
As die groen en goud soos in '95
Die hele wêreld weer oorwin
Hoeveel songs sal ons sing as die bokke wen?
Om die Franse weer te wys
Dat die beker baie beter lyk
Op Elllis Park as in Parys
Vat hom laag en hou hom dop
As Percy oor die pale skop
En die agterlyn oor die kwartlyn verdwyn
Van die doellyn oor na die verste kant
Druk Habana weer soos op Nuweland
Dis die groen en goud wat altyd by ons bly
Trek aan jou trui, trek aan jou toks
Ons staan weer op aandag vir die Bokke se trots
Trek aan jou trui, sit op jou hoed
Want rugby en biltong bly in ons bloed
Ja rugby en biltong bly in ons bloed
Elke Wallaby kry, elke Franse man
Elke All Black weet dat die groener span na die World Cup gaan
Om seer te maak
Om te takkel en te jol en om vêr te skop
Of soos President Steyn om weer oor te drop
Dis die groen en goud wat altyd by ons bly
Trek aan jou trui, trek aan jou toks
Ons staan weer op aandag vir die Bokke se trots
Trek aan jou trui, sit op jou hoed
Want rugby en biltong bly in ons bloed
Ja rugby en biltong bly in ons bloed
Want Bobby het weer terug gekom
En Pierre Spies is weer reg
Skalla dop die balle om
En die Wallabies lyk sleg
As die voorste drie in die grond vastrap
En die hakker weer die balle hak
Sal die Bokke die beker weer kan wen
Trek aan jou trui, trek aan jou toks
Ons staan weer op aandag vir die Bokke se trots
Trek aan jou trui, sit op jou hoed
Want rugby en biltong bly in ons bloed
Ja rugby en biltong bly in ons bloed
Trek aan jou trui, trek aan jou toks
Ons staan weer op aandag vir die Bokke se trots
Trek aan jou trui, sit op jou hoed
Want rugby en biltong bly in ons bloed
Ja rugby en biltong bly in ons bloed