Rooi Satyn
Wawiele rol oor die fynbos berg
Tot in die ketting spoor van die tank
‘n Spies gooi verder dra die skuld oor
Die magtige dreun van die R1
Wapen jou tot die tand in die land
Van heuning, melk, diamant en brood
Iewers lê ‘n blou brief in die stof
Van ‘n jerry wat lankal gewaai het
Bring nou weer die brannewyn
Nog ‘n nagmaal van soete pyn
Bring nou weer die brannewyn
Bêre die guns in rooi satyn
Die donker dae in die skerp sonlig
Die sleyer van ‘n mooi gesig
Die reën is weg en die waarheid droog
Die sout trane van ‘n reënboog
Alles lê stil tot die landmyn rus
Al die spore van die helde uitgewis
Alles vlieg na die maan toe en die aarde lê los
Die reikers in die hemel neer moet soek kos
Bring nou weer die brannewyn
Nog ‘n nagmaal van soete pyn
Bring nou weer die brannewyn
Bêre die guns in rooi satyn
Bring nou weer die brannewyn
Nog ‘n nagmaal van soete pyn
Bring nou weer die brannewyn
Bêre die guns in rooi satyn (Rooi satyn)
Rooi satyn
Rooi satyn (Rooi satyn)
Rooi satyn