Poppe Op Jou Pelmit

Daar's poppe op jou pelmit met hoedjies van papier
He-Man het ‘n mullet dis die nuutste guur
Ons almal het ons dinge, ons almal loop ‘n pad
Beweeg jy nog in kringe waar die trane heeldag spat?

O weet jy hoe lyk die man op die maan?
Weet jy dis hy wat jou verstaan?

Daar’s vellies op jou voete en sherry in jou sop
Jy stuur vir almal groete aan die wêreld in jou kop
Ons almal het ons griewe, ons almal het ons pyn
Maar jy juffrou die uwe laat die werklikheid verdwyn

O weet jy hoe lyk die man op die maan?
Weet jy dis hy wat jou verstaan?

(Weet jy wie’s die man op die maan?)
O weet jy dis hy wat jou verstaan?

Daar's poppe op jou pelmit met hoedjies van papier
He-Man het ‘n mullet dis die nuutste guur
Ons almal het ons dinge, ons almal loop ‘n pad
Beweeg jy nog in kringe waar die trane heeldag spat?

O weet jy hoe lyk die man op die maan?
Weet jy dis hy wat jou verstaan?

Met die maan in sy wentelbaan
Laat die getye kom en gaan
Die getye wat jou kop omkrap as jy alleen is
Op jou pad
Op jou pad
Op jou pad

Daar's poppe op jou pelmit met hoedjies van papier
He-Man het ‘n mullet dis die nuutste guur
Ons almal het ons dinge, ons almal loop ‘n pad
Beweeg jy nog in kringe waar die trane heeldag spat

O weet jy hoe lyk die man op die maan?
Weet jy dis hy wat jou verstaan?
Weet jy wie's die man op die maan?
Weet jy dis hy wat voor jou staan?
Weet jy dis ek wat voor jou staan?

Canzoni più popolari di Hugo

Altri artisti di Sertanejo