Dalk 'n Boerseun

Miskien hou jy meer van hooch as van bier
Miskien dink jy dikmelk is 'n bietjie te suur
En dra jy dalk Diesel en Levi en Guess
Kerf jy jou biltong met 'n houtsteel-knipmes

En bestuur jy die trekker met jou Oakley sonbril
Maar weet jy nie Joubert het ons almal gekul
En dink jy ooit daaraan die rivier het gebloei
Of suig jy die net die melkies uit die speen van die koei?

Passop, passop
Passop
Jy moet passop
Want die rooinekke hou jou dalk dop
Hulle hou jou dalk dop

En is jy dalk bang dat die khakies jou vang?
Weet jy nie lekker, is jy 'n groottrekker?
Ja ek is plesierig dit kan jy maar glo
Ek besluit wat ek goed dink en ek maak dan ook so (Ek maak dan ook so)
Ek maak dan ook so (Ek maak dan ook so)

En dink jy Eugene se perd het geweet?
Verstaan jy wat jy doen as jy dit seël met 'n eed?
Ruik McDonalds beter as braaivleis?
Weet jy presies, presies waar jou huis is?
Waar jou huis is

Ons almal soek na ons Diena
Maar ons Diena soek na haarself
Ons almal soek na ietsie

So jy moet passop, passop
Passop
Jy moet passop
Want die rooi nekke hou jou vir seker dop, hou vir jou dop (Rooinekke hou jou dop)
Hou vir jou dop
Hulle hou vir dop (Hou vir jou)

Canzoni più popolari di Hugo

Altri artisti di Sertanejo