Cowboy Kitaar

Daar's ‘n vuurtjie langs die grootpad naby Bitterfontein
‘n Kraalbos wat brand duskant Brandberg se myn
Loop die spoor van die cowboys Spektakelberg oor
Is dit die stem van Roy Rogers wat ek ver langs kan hoor?
Die stem van Roy Rogers langs die ou dorfsland spoor?

Daar’s swart hings in die soutbos naby Soebatsfontein
Is dit die ruiter in swart wat oor die randjies verdwyn?
Het die spook perde cowboys teen die sandveld gedra?
Is dit Charles Chakobe daar voor op die wa?
Charles Chakobe en sy cowboy kitaar?

Cowboys sal kom, cowboys sal gaan
Maar die beste was Bokkie in die lig van die maan
Cowboy se perd, cowboy kitaar
Loop die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar

Dis die sekelmaan wat hang oor die Skimmelperdpan
Waar is slim Witman wat die drade kan span?
Oor die Boesmanland vlaktes sit Worsie en staar
Is dit die eggo van Bokkie Eloff se cowboy kitaar?
Die eggo van ‘n cowboy se cowboy kitaar

Cowboys sal kom, cowboys sal gaan
Maar die beste was Bokkie in die lig van die maan
Cowboy se perd, cowboy kitaar
Loop die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar

(Cowboy se perd, cowboy kitaar)
(Cowboy se perd, cowboy kitaar)
(Cowboy se perd, cowboy kitaar)
(Cowboy se perd, cowboy kitaar)

Cowboys sal kom, cowboys sal gaan
Maar die beste was Bokkie in die lig van die maan
Cowboy se perd, cowboy kitaar
Loop die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar
Loop die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar

(Cowboy se perd, cowboy kitaar)
(Cowboy se perd, cowboy kitaar)
(Cowboy se perd, cowboy kitaar)
(Cowboy se perd, cowboy kitaar)

Canzoni più popolari di Hugo

Altri artisti di Sertanejo