Rooi Keurspel

Ek ken ‘n ou ou liedjie
Van lewens wel en wee
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see

Die woorde is vergete
Maar tog die deuntjie draal (Tog die deuntjie draal)
Soos vaag-bekende grepies uit
‘n Baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Net kinders van die wind

Toe die wêreld hier nog jonk was
En die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond
Suid van die ewenaar

En in die skemer as die son sak
En die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vrouens
Oor die heuwels van die land

Halala (Halala) Halala (Halala)
Mayibuye Afrika
Halala (Halala) Halala (Halala)
Mayibuye Afrika

Daar's 'n plek waar ek van weet
Sonder sorge sonder pyn sonder leed
Die pad daarheen is ongekaart
Die reis daarheen is sonder vaart
En daar’s ‘n rusplek langs die pad

Maar hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van 'n kind
Die lewenspel speel die genade van onskuld kan deel
Om weer vir 'n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het is 'n gawe van bo
‘n Gawe van bo

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooi wyn vir sy lag en traan en pyn
Want hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Sirkus mense
Is in die dorp
Groot tent verrys en die narre staan daar rond

Helder kleur vragmotors
Kom en gaan
Manne op die stokke en waens wat eenkant staan

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooi wyn vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Ek vra vir Tillie maar Tillie sê sy wil nie
Miskien wil haar sussie maar haar sussie is nie lus nie
Toe dink ek aan Vossie maar Vossie is nie los nie
Ek smeek toe vir Hannie maar Hannie sê sy kan nie

Ek is stoksielalleen stoksielalleen
Stoksielalleen op ‘n Saterdagaand
Hier sit ek stoksielalleen stoksielalleen
Stoksielalleen op ‘n Saterdagaand

Kyk nou hierdie trein
Hy loop na nêrens
Maar dit pas my baie goed
Hoe verder hoe beter

Dit is my wens, dit is my wens
Klein bietjie liefde klein bietjie geluk
Heelwat van dit en dat maar meestal
'n Suitcase vol winter
'n Suitcase vol winter

Ek het ‘n dak bo-oor my kop en in die winter like ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister
Net soos wanneer mense fluister

Wonder of jy sal onthou?
Dat jou woorde aan my klou
As jy my insluk sonder om te kou

Ek skree ‘n song vir jou my lief
Jy is ‘n engel en ‘n dief
Want as ons sing dan sing ons saam
In ‘n droom roep ek jou naam

Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange verstaan die hart se diepste smart

Ja die hele wêreld word stil luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja die hele wêreld word stil luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier

Ek dink vanaand aan jou en aan die Wildekus se golwe
Ek dink vanaand aan jou en aan die eindelose strand
Ek dink aan rots kastele watervalle na benede
En beestepadjies sukkel oor die rand

Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dat jy die woorde sou verstaan
Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer 'n vonkel in jou oë bring

Jy met jou drome en gedagtes in jou oë
Jy met jou vrede wat in elkeen hoop en glo
Jy met jou deernis jou geduld en jou verstaan
Jy wat alleen jou seer wil dra

Ek wil jou somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou die son gaan haal die wind die see
Ek wil so graag myself vir jou gee

Ek wil vir jou somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou die son gaan haal die wind die see
Ek wil net so graag myself vir jou gee

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Bly by my vanaand
Die ure sonder jou is ‘n barre woestyn
O bly by my vanaand
En troos my net nog eenkeer voor jy weer verdwyn

Neem my in jou arms laat ek weer kan leef
Laat my asem oor jou asem tot die aarde sweef
Leen vir my jou liggaam
O bly by my vanaand

Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweet voshare
Ek is verlief op die kind

Hoor jy meisie met die sweet voshare?
Verstaan jy die praat van die rankie snare?
Ek is verlief op die kind

Lapa lei vir Bella koud by Waboomskloof se geel bossies
Lapa maak vir Bella stout met Hanepoot se natrossies
Ek is verlief op die kind

Ek soek nou al vir jare lank na haar
Met ‘n honger hart wat net nie wil bedaar nie
Sy’t my wakker wêreld skoon deurmekaar gemaak
Dan droom ek ook nog elke aand van haar

Hierdie is ‘n liedjie net vir jou droom vrou
En ek sing dit ja ek sing dit net vir jou
En ek weet as jy dit hoor sal jy onthou droom vrou
Dat ek jare lank gesoek het net na jou

Nog 'n somerson Kersfees want die Koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde en sal die posduif vra
Sal hy gaan draai in die suide by die berg en die see
En daar waar my liefde kaalvoet loop die nota vir jou gee?

Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Bethlehem
Gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

As ek saans na my baby verlang
En dis ver van my blou oseaan
As die duisend myl blues my vang
O sing ek songs van die sterre en die maan

Hoor hoe brom die wind om ons huis vanaand
Hoor hoe brom die wind om ons huis
Daar’s varkies in die bone ons loop trippe trappe tone
Hoor hoe brom die wind om ons huis

En ek kan rock in my taal (Rock in my taal)
Ek maak amok in my taal (Amok in my taal)
En ek kan skok in my taal ja
Ek kan rock in my taal

Rock in my taal
My asem gly in my taal (Gly in my taal)
Ek kan verlei deur my taal (Verlei in my taal)
En ek kan vry in my taal ja
Ek kan rock in my taal

Canzoni più popolari di Hi-Five

Altri artisti di