Finale

Ek stap deur die mall ek dra elke juweel
Toe die straatkinders my rot en kaal besteel
Ek sê vir my man ek kan dit glad nie hanteer
Toe bied hy ‘n oplossing ons gaan immigreer

Ons verkoop toe die kasteel daar in 7de laan
Ek het hard gehuil toe my BM pad af gaan

Toe kom ons in London en ons soek na ‘n huis
Langs Buckingham Palace darling die queen gaan daar tuis
Dit was baie duur our wallets is empty
So we buys us a flat in a very common Wembly

Ons het nie ‘n kar nie ons ry met die tubes
Want die taxis is duurder as ‘n job op jou boobs
Ons leef op McDonald's se burgers en fries
En droom elke aand van Afrika braais

Die finasies lyk vrot alles kos net teveel
Toe kom ons agter hoe die Britte ons rot en kaal besteel
Ek roep toe vir Herman dis nou my man
Ek sê ag nee bokkie dis are no fun

Als is so duur en die reën is so vaal
And to be quite honest ek mis my taal
So gaan ons terug na Houghton en as mense ons vra
Sê ons nee ons het verlang ons vir jou Suid-Afrika

Die rand lyk gesond ons gaan World Cup hou
Want Suid-Afrikaners blaas van hand af
Begin ons nou bou

So laat dit ‘n les wees vir die wat wil waai
The grass is not greener on the other side

So kom dan maar terug en as mense jou vra
Sê jy nee jy’t verlang na Suid-Afrika
Want nooit hoef jou kinders se kinders te vra
Wat beteken jou vlag?
Wat beteken jou taal?
Wat beteken jou land dan Suid-Afrika?

Nkosi Sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yizwa imithandazo yethu
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo

Morena boloka setjhaba sa heso
O fedise dintwa le matshwenyeho
O se boloke, o se boloke setjhaba sa heso
Setjhaba sa South Africa - South Africa

Uit die blou van onse hemel
Uit die diepte van ons see
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee

Sounds the call to come together
And united we shall stand
Let us live and strive for freedom
In South Africa our land
Suid-Afrika

Canzoni più popolari di Hi-Five

Altri artisti di