Moenie weggaan nie [Live]

Moenie weggaan nie
Jy moet liewer vergeet
Maar
Jy moet net onthou
Verby is verby
Wis uit die tyd
Van misverstand
En die tyd verspil
Die aanhou probeer
Om te vergeet
Van die weggaantyd
Gister het gebeur
Moenie weggaan nie

Maar
Ek belowe jou nou
Gepêrelde dou
Juwele van reën
Want so word ons een
Ek sal die aarde verskuif
Tot lank na my dood
Met glans jou beklee
In goue lig doop
Ek gee jou'n ryk
Waar die liefde regeer
Soos die liefde ons leer
In ons klein koninkryk
Moenie weggaan nie

Kom luister na my
In elke dag taal
Vertel ek vir jou
'N liefdesverhaal
Twee mense leer
Twee harte versmelt
Een liefde ontvlam 'n tweede keer
Ek vertel 'n verhaal
Van 'n koning se nood
Hy sterf van sy liefde
Want weggaan is dood
Moenie weggaan nie

Het jy al gesien
Hoe 'n verkluimde vulkaan
Wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan
Ek dink dit is waar
'N veldbrand wat brand
Maak ryker die oes
As 'n ryk somersjaar
En kom die nag
Verhelder die lug
As die rooi en die blou
In die aandskemer trou
Moenie weggaan nie

So min bly nou oor
Ek huil nie meer
Ek praat nie meer nie
Ek wil nie meer nie
Ek is nie meer nie
Die lewe is leeg
Is leeg sonder jou
Maak my die skaduwee van jou skadu
Maak my die eggo
Van die woorde uit jou mond
Van jou voetstap op die grond
Moenie weggaan nie

Curiosità sulla canzone Moenie weggaan nie [Live] di Herman van Veen

Quando è stata rilasciata la canzone “Moenie weggaan nie [Live]” di Herman van Veen?
La canzone Moenie weggaan nie [Live] è stata rilasciata nel 2001, nell’album “Carré 2000”.

Canzoni più popolari di Herman van Veen

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)