Hartklop Duet

Emil Paul

Hartklop Duet

Liefde soos die laat my sing
Ek wil die note uitskree om te sê
Dat jy als vir my is,
Jy my vure kan blus
Dis net jy

Tyd saam met jou is musiek
Ek hoor 'n lied wat 'n storie kan skryf
Jy is my melodie
Ek jou hart-harmonie
Sing met my

Want ons liefde is soos musiek wat ons speel
Soms is note vals, maar die snare bly heel
Dis jou ritme wat my lei, ek en jy
La la la la
So sing met my, gee my als wat jy het,
Ons liefde saam skryf 'n Hartklop Duet
En as die stilte ons wil keer,
Sing ek weer
La la la la

Liefde soos die laat my dans
Ek kan nie keer as my voete beweeg
Wil net saam met jou draai
Altyd saam met jou swaai
Om en om

Die lewe is soos 'n simfonie
Dit neem jou soms deur die hard en die sag
Dis die einde wat tel,
Met jou hand op my vel
Voel ek vry

Ons skryf 'n Hartklop Duet

Curiosità sulla canzone Hartklop Duet di Heidi

Chi ha composto la canzone “Hartklop Duet” di di Heidi?
La canzone “Hartklop Duet” di di Heidi è stata composta da Emil Paul.

Canzoni più popolari di Heidi

Altri artisti di Japanese music