Hasie

Jou bruinoog seun, jou donkerkop
Jou pannekoek, jou lollipop
Jou toetsie-toet, jou sonnestraal
Vir jou kom ek nog haal

Jou suikerriet, jou witbeskuit
Jou mebosstroop, jou moskonfyt
Jou heuningnes, jou vleispastei
Vir jou wil ek nog kry

Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Wat het van jou stertjie geword?

Jou spinnekop, jou akkedis
Jou springkaan voël, jou koue vis
Jou bitter wyn, jou pruttelaar
Slaan jou in mekaar

Jou dadelpit, jou suikerbos
Jou soetpatat, jou kerriekos
Jou lekker ding

Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Wat het van jou stertjie geword?

Jou spinnekop, jou akkedis
Jou springkaan voël, jou koue vis
Jou bitter wyn, jou pruttelaar
Ek slaan jou in mekaar

Jou pikswart slang, jou suurlemoen
Jou heks se kind, jy's 'n skerpioen
Jou krokodil en jou wilde hen
Maar jou liefde wil ek wen

Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Wat het van jou stertjie geword?

Canzoni più popolari di Ge Korsten

Altri artisti di Opera