Mamma Blou

Ek en jy teen die wêreld al sou die storms kom
En al was ons kaste leeg was daar bietjie plek vir die son
Jakarandas in die strate maar dis my hart wat vir jou blom
Jou lig bly in my flikker al sou die storms kom

Al sou ons drome versplinter was daar nooit vir ons ‘n winter
Ja dis sonskyn hier by jou in hierdie maand my mamma blou
Al bly daar niks meer van my oor nie al sou ek alles verloor hier
Ek’s ‘n ryk man hier langs jou in Julie maand my mamma blou

O gee my net ‘n antwoord op die vrae wat by my spook
Ek wonder oor ons toekoms oor die pad wat ons moet loop
In die aand lê ek langs jou bly jou lyf vir my ‘n huis
Dis jy wat my laat aanhou en vir my die pad kom wys

Al sou ons drome versplinter was daar nooit vir ons ‘n winter
Ja dis sonskyn hier by jou in hierdie maand my mamma blou
Al bly daar niks meer van my oor nie al sou ek alles verloor hier
Ek’s ‘n ryk man hier langs jou in Julie maand my mamma blou

Ek verdwal in daai winter strate nou’s dit jy wat my warm hou
Ek sal doen net wat jy vra net vir jou my mamma blou

Net vir jou my mamma blou

Canzoni più popolari di Elvis Blue

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)