Hillbrow

Ou man sit by die straatkafee
En kyk al die mense loop heen en weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
En Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand en hou dan die hand hou oop die hand

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

In Quartzstraat hoor ek 'n meisie roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
Ken ek vir Jesus, vra 'n man op die stoep tussen Hillbrow Records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy sein in die nag, sy sein in die nag, sy sein vir die junkies wat wag (Sibonise indlela)

O en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow (Sikelela i-Hillbrow)

En die ligte gaan aan
In die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink uit elke woonstel
En ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land
En ons drink op die een wat sy drome oorleef op die een wat kry wat hy vra (Sibonise indlela)

Ja en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Gee jou hart
Vir Hillbrow

Curiosità sulla canzone Hillbrow di Elvis Blue

Quando è stata rilasciata la canzone “Hillbrow” di Elvis Blue?
La canzone Hillbrow è stata rilasciata nel 2013, nell’album “Afrikaans”.

Canzoni più popolari di Elvis Blue

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)