Elke Hart

Al is ek nie ok nie, kyk jy na my asof ek is
En dit maak alles beter, dit draai die jare terug
Miskien is dit maar net omdat jy in my glo

Miskien is dit iets wat leef hier in die lug
Wie weet wat mens se vrese laat vlug

Elke hart kruip weg agter 'n hemp se sak
Jy hou joune toe agter jou glimlag
En ek weet daar is dinge wat jy weg wil steek
Maar my hart is, nes joune, lankal reeds gebreek
Daar's 'n pyn in die klop van elke liewe hart

Geheime in die trane, wat lê langs elke mens
Ek probeer jou storie raaksien, maar daar is vlekke op my lens
Is die waarheid tussen lyne, sal jy my boek kom lees
Ek weet dis jy wat ek so nodig het
Ek weet dis net jou liefde wat my red

Elke hart kruip weg agter 'n hemp se sak
Jy hou joune toe agter jou glimlag
En ek weet daar is dinge wat jy weg wil steek
Maar my hart is, nes joune, lankal reeds gebreek
Daar's 'n pyn in die klop van elke liewe hart

Hoekom moet ek seker wees, alles weet, sonder sweet?
Soveel vrae wat môre bring
Ek is net 'n warrelwind, somer kind
Swem en sink soos almal deur die son verblind

Maar my hart is, nes joune, lankal reeds gebreek
Daar's 'n pyn in die klop van elke liewe hart

Canzoni più popolari di Elvis Blue

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)