Beloofde Land

Jy’t al oor jou gesny dwars oor jou gery
Jou riviere en sand die rooi grond en die see
O ek wil bly in my land het myself al hier verloor en weer gevind

Ek wonder wat is voor
Ek dan nou moet val
En hoe die pad sal lyk as more kom

Ek glo steeds in die beloofde land ek bly staan in jou Afrika sand
Maar die wind wat eers in die bome was
Waai deesdae net deur gebrande gras
Waai deesdae net deur gebrande gras

O ek bly steeds ‘n dromer ‘n positiewe mens
Maar als wat hier gebeur vat my na ‘n donker grens
En ek verloor myself daar sal die Here my kom kry ek glo so

Ek bly steeds ‘n swerwer
Opsoek na ware Noord
Is daar plek vir my hier langs jou in die son?

Ek glo steeds in die beloofde land ek bly staan in jou Afrika sand
Maar die wind wat eers in die bome was
Waai deesdae net deur gebrande gras
Waai deesdae net deur gebrande gras

O kom ons gaan stap hier in die son
Kom staan hier langs my
O kom ons gaan stap hier in die son
Kom staan hier langs my

O kom ons gaan stap hier in die son
Kom staan hier langs my
O kom ons gaan stap hier in die son
Kom staan hier langs my

Ek glo steeds in die beloofde land ek bly staan in jou Afrika sand
Ek glo steeds in die beloofde land

Canzoni più popolari di Elvis Blue

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)