Net 'n Mens

Ek kan onthou toe jy dit sê
Wag tot jy eendag kinders het
Dalk sal jy beter kan verstaan
Wat in ‘n pa se hart aangaan

En die waarheid bly
Vir die pa in my

Dis die storie wat ek jou nog moet vertel (Moet vertel)
Ek is lief vir jou met als, dit weet jy wél (Weet jy wél)
En al ken jy nie my naam of my gesig nie
As jy val, sal ek daar wees en jou oplig

Dis die waarheid wat jy altyd moet onthou (moet onthou)
Hierdie wêreld maak sy deure oop vir jou (net vir jou)
Mag jy droom, mag jy dans, mag jy wens
En nooit sien jou held is net ’n mens

Ek keer jou trane, keer jou vrees
Probeer ‘n held vir jou te wees
Maar ek begryp nou wat ek het
Want jy’s die een wat my kom red

En die waarheid bly
Vir die pa in my

Dis die storie wat ek jou nog moet vertel (Moet vertel)
Ek is lief vir jou met als, dit weet jy wél (Weet jy wél)
En al ken jy nie my naam of my gesig nie
As jy val, sal ek daar wees en jou oplig

Dis die waarheid wat jy altyd moet onthou (Moet onthou)
Hierdie wêreld maak sy deure oop vir jou (Net vir jou)
Mag jy droom, mag jy dans, mag jy wens
En nooit sien jou held is net ’n mens

En daar’s niks wat jou leer soos ‘n lewe
Jy gee alles op sonder ‘n rede

En die waarheid bly
Vir die pa in my

Dis die storie wat ek jou nog moet vertel
Ek is lief vir jou met als, dit weet jy wél
En al ken jy nie my naam of my gesig nie
As jy val, sal ek daar wees en jou oplig

Dis die waarheid wat jy altyd moet onthou (Moet onthou)
Hierdie wêreld maak sy deure oop vir jou (Net vir jou)
Mag jy droom, mag jy dans, mag jy wens
En nooit sien jou held is net ’n mens
Mag jy nooit sien jou held is net ’n mens

Curiosità sulla canzone Net 'n Mens di Dewald Wasserfall

Quando è stata rilasciata la canzone “Net 'n Mens” di Dewald Wasserfall?
La canzone Net 'n Mens è stata rilasciata nel 2016, nell’album “#Ekenjy”.

Canzoni più popolari di Dewald Wasserfall

Altri artisti di Pop rock