Laat Die Lig In Kom [Live]
Die wêreld is gebroke, my lief
My hartedief
En jy weet ons is nooit bedoel om min te wees nie
Nie te vrees nie
En ons soek geen verskoning om te droom nie
En ons skroom nie
Ons is jonk en ons is lus
Ons wil meer wees as wat ons nou is
Jou liefde breek deur
Probeer al die seer verrinneweer
En ons breek af die mure
Van die verlede
Ons is jonk en ons wil lewe
Ons laat die lig inkom
En ons het net een lewe
So vergewe
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom
Die wêreld soek verskonings my lief
En is dalk te stief
En jy weet ons is nooit bedoel om terug te hou nie
Of te vou nie
En ek wil geen beloftes maak aan jou nie
Dit nie hou nie
Jy moet opstaan en dit sê
Alles wat jy ooit wou hê
En jou liefde breek deur
Probeer al die seer verrinneweer
En ons breek af die mure
Van die verlede
Ons is jonk en ons wil lewe
Ons laat die lig inkom
En ons het net een lewe
So vergewe
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom in
Daar’s myle tussen wie jy is en wie jy wil wees
En al wat jou nog van dit weghou is jou vrees
Kan ons probeer om te vergeet van die verlede?
Kan ons probeer om te vergewe?
Jou liefde breek deur
Probeer al die seer verrinneweer
En ons breek af die mure
Van die verlede
Ons is jonk en ons wil lewe
Ons laat die lig inkom
En ons het net een lewe
So vergewe
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom