Hi-Jack

Veralgemeen jouself
Beweeg twee tree nader aan ‘n persoonlike hel
Verkoop jou siel verkoop jou hart
Verkoop jou menswees op die swartmark

Wie’s meer normaal?
Ek en jy of meneer antisosiaal?

En ek wil nie meer soos jy probeer wees net om soos myself te voel nie
Ek gaan my hart nou vir die laaste keer laat voel
Jou perspektief haal warm asem in jou nek
Die hele land is die slagoffer van ‘n hi-jack
Slagoffer van ‘n hi-jack
Slagoffer van ‘n hi-jack

Vergeet jouself
Jy kan al jou vriende op die internet bestel
En koop verstand of koop ‘n vrou
Of koop ‘n leefstyl net vir jou

Jou gewete speel op jou gevoel
Jy kou jou vingers af net om te kan voel

Ek wil nie meer soos jy probeer wees net om soos myself te voel nie
Ek gaan my hart nou vir die laaste keer laat voel
Jy vra my wie's die ergste die duiwel, jy of ek?
Die hele land is die slagoffer van ‘n hi-jack
Slagoffer van ‘n hi-jack
Slagoffer van ‘n hi-jack

Die koerante laat jou sê wat jy bedoel
Jy teer op simpatie en massa meegevoel

En ek wil nie meer soos jy probeer wees net om soos myself te voel nie
Ek gaan my hart nou vir die laaste keer laat voel
Jou perspektief haal warm asem in jou nek
Die hele land is die slagoffer van ‘n hi-jack

En ek wil nie meer soos jy probeer wees net om soos myself te voel nie
Ek gaan my hart nou vir die laaste keer laat voel
Jy vra my wie's die ergste die duiwel, jy of ek?
Die hele land is die slagoffer van ‘n hi-jack
Slagoffer van ‘n hi-jack
Slagoffer van ‘n hi-jack

Canzoni più popolari di Dewald Wasserfall

Altri artisti di Pop rock