Ek wil jou hê

Die waarheid is ‘n mens verlang na alles wat jy nooit sal kry
Die hele wêreld draai weer want sy lê nou hier langs my
En wie is jy sonder jou arms hier rondom my?
En wie is jy is daar ‘n rede dat jy naby my bly?

En ek wou net sê dat ek jou by my wil hè
Ek wil by jou wees
Net by jou wees en ek wil jou liefde gee ek wil jou alles gee
Ek wil by jou wees net by jou wees ek wil jou hê

Die feit is jy was altyd die bloudruk van wat ek wou wees
En alles bly verniet as jy die man in die spieël vrees
Maar wie is jy as jou besittings in die stof verdwyn?
En wie is jy sink jy weg onder ‘n see van sonde en al jou pyn?

En ek wou net sê dat ek jou by my wil hê
Ek wil by jou wees
Net by jou wees en ek wil jou liefde gee ek wil jou alles gee
Ek wil by jou wees net by jou wees ek wil jou hê

En alles wat seermaak is al lankal verby
En alles wat saakmaak is net hier by my

En ek wou net sê dat ek jou by my wil hê
En ek wil by jou wees
Net by jou wees en ek wil jou liefde gee ek wil jou alles gee
Ek wil by jou wees net by jou wees ek wil jou hê
Ek wil by jou wees net by jou wees ek wil jou hê

Canzoni più popolari di Dewald Wasserfall

Altri artisti di Pop rock