Duisend Jaar

Hoekom draai jy om my?
En waarom hou jy my nog vas?
Waarom steek jy my nog weg
Soos ‘n geraamte in jou kas?

Waarom staan jy net daar
Met leë beloftes aan jou sy?
Waarom voel dit of jy hier bly want dis verby

En ‘n duisend jaar sal te min wees
En drie dae was te veel
As ek jou nooit weer sien nie
Sal ek my moet verbeel

Want jy bly nog in my are
En maak my hart jou huis
En as jy in my twyfel sal ek my liefde ‘n duisend keer moet bewys

So waarom voel dit vir my
Ek het jou lank terug al verloor?
Ek breek my hart weer voor jou oop
En net die hartseer bly dan oor

So wanneer los jy my dan?
En wanneer kom jy terug na my?
Waarom wens ek dat jy hier bly staan want dis verby

En ‘n duisend jaar sal te min wees
En drie dae was te veel
As ek jou nooit weer sien nie
Sal ek my moet verbeel

Want jy bly nog in my are
En maak my hart jou huis
En as jy in my twyfel sal ek my liefde ‘n duisend keer moet bewys

En ‘n duisend jaar sal te min wees
En drie dae is te veel
As ek jou nooit weer sien nie
Sal ek my moet verbeel

En ‘n duisend jaar sal te min wees
En drie dae was te veel
As ek jou nooit weer sien nie
Sal ek my moet verbeel

Want jy bly nog in my are
En maak my hart jou huis
En as jy in my twyfel sal ek my liefde ‘n duisend keer moet bewys
En as jy in my twyfel sal ek my liefde ‘n duisend keer moet bewys

Curiosità sulla canzone Duisend Jaar di Dewald Wasserfall

Quando è stata rilasciata la canzone “Duisend Jaar” di Dewald Wasserfall?
La canzone Duisend Jaar è stata rilasciata nel 2012, nell’album “Vergeet wat jy weet van liefde”.

Canzoni più popolari di Dewald Wasserfall

Altri artisti di Pop rock