Arrestasie

Sy naam is Arrestasie Cornelius de Wet
Hy dra ‘n pikswart jas en ‘n donkerblou pet
Hy’t geen respek vir voetgangers, ou tannies of studente
Pas jou kar op op Kerkplein maar hy steel jou vyftig sente

Arrestasie
Arrestasie

Hy wens hy was die eienaar van Clicks of Pick ‘n Pay
Want cherries hou van shopping en dalk kan hy ook een kry
Hy’t ‘n free flow op sy engine hy’t ‘n nine volt in sy tas
Maar dit help hom net mooi boggerol want hy jare laas gewas

Arrestasie
Arrestasie
Arrestasie
Wens jy jy was dalk al by die huis?

Jou safety is verseker hy is hiervoor goed bekwaam
Al lyk hy bietjie dom is hy maar net ‘n bietjie skaam
Security op Loftus, by die werk of by die dam
Jy hoef nie ver te soek nie Arrestasie is die man

Arrestasie
Arrestasie
Arrestasie
Wens jy jy was lankal by die huis?

Nou's dit donkermaan en jy sit stoksiel alleen
As jou waghond jou verloon het vir ‘n sopbeen
As die laaste drupel water uit die laaste kraan sou tap en jy die laaste bietjie mieliepap sou mishap

Hip hip hoera, Arrestasie
Arrestasie
Arrestasie
Arrestasie
Arrestasie
Wens jy jy was lankal by die huis?

Canzoni più popolari di Dewald Wasserfall

Altri artisti di Pop rock