Lei My Na Die Water

Lei my na die water
Waar jy jou seer weg was
Balsm my wonde
Met die dou op die gras

Wys vir my die leemte
Waar ek in jou hart pas
Lei my na die water, na die water
Waar jy jou seer weg was

Ja net die hemel weet hoe lief ek jou het
Dis baie meer vir my ek weet, ek sal dit nooit vergeet
Jy kan nie die liefde aan aardse goeters meet
Net die hemel weet hoe lief

Skryf vir my jou drome
Op gebleikte glas.
Vertel my van jou liefde
Vir die donker nag

Gee my asem, gee my lewe
Dalk net 'n bietjie sig
Skryf vir my jou drome ja jou drome
Op gebleikte glas

Ja net die hemel weet hoe lief ek jou het (Ja net die hemel weet hoe lief ek jou het)
Dis baie meer vir my ek weet
Ek sal dit nooit vergeet
Jy kan nie die liefde aan aardse goeters meet
Net die hemel weet hoe lief
Hoe lief ek jou het.

(Lei my na die water)
(Lei my na die water)

Ja net die hemel weet hoe lief ek jou het
Dis baie meer vir my ek weet, ek sal dit nooit vergeet
Jy kan nie die liefde aan aardse goeters meet
Net die hemel weet hoe lief

Ja net die hemel weet hoe lief ek jou het
Dis baie meer vir my ek weet, ek sal dit nooit vergeet
Jy kan nie die liefde en hart se goeters meet
Net die hemel weet hoe lief
Hoe lief ek jou het

Canzoni più popolari di Demi Lee Moore

Altri artisti di Afrikaans