Vyf Lewens
Met die eerste wit John Collins is ek 'n kunstenaar uit die renaissance
Jy is die Mona Lisa van my hart en ek bekend met 'n Da Vinci smart
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Ek sien in spieëls 'n karmeliete vader wat draai en draai en my gedurig nader
Teerheid en tering speel in sy oë saam, dis ek, dis ek wat in die spieël staan
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Vyf lewens, vyf lewens leef ek
Toe loop ek op my tone op 'n draad, 'n sierlik, pagel-sirkus akrobaat
Ek spoed die lug in om te voel die dood hang aan my slingerstoel
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Die voetval wat deur sternat strate klink, die maer gelaat wat in bierglase blink
Die man wat hurk in Roelandstraat wat sterf van honger is my skadu maat
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Vyf lewens, vyf lewens leef ek
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Vyf lewens, vyf lewens leef ek
Die vyfde Collins maak my nugter
Die papie roer en ek word digter
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Vyf lewens, vyf lewens leef ek
Vyf lewens, vyf lewens lewe
Vyf lewens, vyf lewens leef ek