Bitterbessie Dagbreek [Live]
Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
'n Spieël het gebreek
Tussen my en haar
Soek ek na die grootpad om daarlangs te draf
Oral draai die paadjies van haar woorde af
Eggo is geen antwoord
Antwoord sy alom
Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
Bitterbessie son
Dennebos herinnering, dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal, trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
Kierang, kierang my
Totdat ek bedroë weer die koggel kry
En eggo, eggo is geen antwoord
Antwoord sy alom
Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
Bitterbessie son
En eggo, eggo is geen antwoord
Antwoord sy alom
Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son (Son)
Bitterbessie son (Son)
Bitterbessie son (Son)
Bitterbessie dagbreek