Boer Is 'n Bok

Ou Riekie is gebore daar in Rustenburg
Tussen boere en myners het hy vure geblus
Die pompie gekap tot almal dans
Daardie hele dorp drink uit een glas

Apie is 'n man van Brits, North West
Op die Thabazimbi pad skrop hy nes
By Beestekraal stasie hoor hy praat
Hoe die boere vanaand dorp toe gaan

Want 'n boer is 'n bok en 'n bok is 'n bliksem
Daar waar dit rof is sal hy kop eerste inspring
Taaier as 'n ratel eet hy pap en vleis
Kake so sterk kan deur 'n dopper byt
As die liggies die boere na die dorp toe roep
Daar kom die nonnas uit vir huisbesoek
Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek
Apie hou my dop, check hierdie trick

Op die myn het hy gedraf tot die byle huil
Sy tool-pas was gepak en sy hande vuil
In die pubs het hy gesing tot die graveyard shift
Sy Poegie was gesteel so hy vang maar 'n lift

Die kappe het geloop lanks die rivier
Mampoer het gestook want die wyn is duur
Hy maak sy broek met 'n geelslang vas
Pak alles wat hy het in 'n ou skooltas

Want 'n boer is 'n bok en a bok is 'n bliksem
Daar waar dit rof is sal hy kop eerste inspring
Taaier as 'n ratel eet hy pap en vleis
Kake so sterk kan deur 'n dopper byt
As die liggies die boere na die dorp toe roep
Daar kom die nonnas uit vir huisbesoek
Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek
Apie hou my dop, check hierdie trick

Want 'n boer is 'n bok en 'n bok is 'n bliksem
Daar waar dit rof is sal hy kop eerste inspring
Taaier as 'n ratel eet hy pap en vleis
Kake so sterk kan deur 'n dopper byt
As die liggies die boere na die dorp toe roep
Daar kom die nonnas uit vir huisbesoek
Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek
Apie hou my dop, check hierdie trick

Want 'n boer is 'n bok en 'n bok is 'n bliksem

Curiosità sulla canzone Boer Is 'n Bok di Appel

Quando è stata rilasciata la canzone “Boer Is 'n Bok” di Appel?
La canzone Boer Is 'n Bok è stata rilasciata nel 2021, nell’album “Hardwerkende Man”.

Canzoni più popolari di Appel

Altri artisti di