Vaderland

Tot woestyne vloed, tot die son ons groet
Tot die berge slaap onder die see
Bly ek hier geplant, kaalvoet in die sand
Jy kan veg teen my of jou hand gee
Hier roep die wind, jy is my kind

Ek bly hier, vat die pad of vat my hand, blus my vuur
Ek steek hom weer aan die brand, spoel my weg
Ek swem my lyf tot op die strand
Hierdie is my Vaderland, hier bly ek my lewe lank

Loop ‘n pad saam my, laat ek jou kan wys
Waar my wortels groei onder ons grond
Joune groei ook hier, hulle lê ook diep
En ons albei is met tyd gewond

Maar in saam wees (Maar in saam wees, in saam wees)
Word ons genees (Word ons genees)

Ek bly hier, vat die pad of vat my hand, blus my vuur
Ek steek hom weer aan die brand, spoel my weg
Ek swem my lyf tot op die strand
Hierdie is my Vaderland, hier bly ek my lewe lank

Tot woestyne vloed
Tot die son ons groet
Stel onsself deur bloed
Hier bly ek my lewe lank
Dié is ons land

Ek bly hier, vat die pad of vat my hand, blus my vuur
Ek steek hom weer aan die brand, spoel my weg
Ek swem my lyf tot op die strand
Hierdie is my Vaderland

Ek bly hier, vat die pad of vat my hand, blus my vuur (Blus my vuur)
Ek steek hom weer aan die brand, spoel my weg (Spoel my weg)
Ek swem my lyf tot op die strand
Hierdie is my Vaderland
Hier bly ek my lewe lank

Canzoni più popolari di Adam

Altri artisti di House music