Kom Wat Wil

Bloed, sweet en hartbreek, die vet weet het ons baklei
Liefde uit gekerf oor die jare
Saam swaar gekry

Weerloos en heel broos, soms vuisvoos het ons geval
Deur om op te staan teen die skare het wonde ons storie vertel

Soos ‘n rots vas geplant staan ek met jou hart hier in my hand
Jy kan skuil teen die wolwe, die leeus en die golwe, verbrul kom wat wil

Teen die wind staan ek sterk, ek slaan my vuiste blou soos ek vir jou veg
Laat die leeus en die golwe, die byt van die wolwe, wees stil, kom wat wil

Die siendes van monde wat wonde soos klokke laat lui
Die weergalm en die ego deur jare herrinner aan jou en my
Die vasbyt, die vroom lyk, die rondkyk het ons ingehaal
Vergeet die dae van loer oor ons skouers, uiteindelik verby, finaal

Soos ‘n rots vas geplant, staan ek met jou hart hier in my hand (In my hand)
Jy kan skuil teen die wolwe, die leeus en die golwe, verbrul, kom wat wil

Teen die wind staan ek sterk (Staan ek sterk)
Ek slaan my vuiste blou soos ek vir jou veg
Laat die leeus en die golwe, die byt van die wolwe wees stil, kom wat wil

As golwe weer breek sal ons dit af lag
In vrede leef soos hulle na wind jaag
Ons is reg kom wat wil

Soos ‘n rots vas geplant staan ek met jou hart hier in my hand (In my hand)
Jy kan skuil teen die wolwe, die leeus en die golwe verbrul, kom wat wil

Teen die wind staan ek sterk (Staan ek sterk)
Ek slaan my vuiste blou soos ek vir jou veg
Laat die leeus en die golwe, die byt van die wolwe wees stil, kom wat wil

Canzoni più popolari di Adam

Altri artisti di House music