Deel Van My

Is daar nog hoop
As jy kyk na die maan?
Is daar soveel verkeerd
Het ons liefde vergaan?
En ons drome van gister verlore
Ewig verby

Waarheen gaan jy
As jy sans sit en huil?
Daar’s ‘n plek in my hart
Wat ek nooit sal verruil
Want jou woorde herstel en genees
Alles in my

Jy is ‘n deel van my
Jy maak my wêreld vry
Is daar ‘n plek net vir my
In jou hart om te bly?

Jy maak als volmaak
Ek wil jou hart aanraak
Kan jy my leer om jou asem weg te slaan?
Weg te slaan

Op spoor in die sand
Loop saam ’n pad
Daar’s ‘n duisend vrae
Kom neem my hand
En lui my na varswaterstrome
Waar ons weer kan lag

Jy is ‘n deel van my
Jy maak my wêreld vry
Is daar ‘n plek net vir my
In jou hart om te bly?

Jy maak als volmaak
Ek wil jou hart aanraak
Kan jy my leer om jou asem weg te slaan
Weg te slaan

Ek staan in die donker sonder jou
Ek sal jou hand in myne vashou

Jy is ‘n deel van my (Jy is myne)
Jy maak my wêreld vry (Saam sal ons voorentoe gaan)
Is daar ‘n plek net vir my
In jou hart om te bly?

Jy maak als volmaak (Ek sal in skadu wag)
Ek wil jou hart aanraak (Ek mis jou lippe so sag)
Kan jy my leer om jou asem weg te slaan?
Weg te slaan
‘n Deel van my

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)