Vanaand Gaan Ons erens Heen

Spitstyd tienduisend karre
Ek wens die prentjie wil verander
In 'n dagdroom vas gewikkel
Kom ons maak 'n end aan die gesukkel

Bring 'n padkaart en sit by my
Kies 'n plek pak ons goed dat ons ry

Ons wil lewe in die linkerbaan
En dan wil ons seil met golwe van die oseaan
Hey liefling ons wil op die horison 'n tent opslaan (Tent opslaan)
En ons sal saam wees al stap ek saam met jou deur die reën
Vanaand gaan ons êrens heen

Donker onder die sterre
Iets lyk soos weerlig in die verte
Volmaan bo oor die teerpad
Dalk wil hy hê ons moet hom saam vat
Tot in die verte hou die myle aan
Kom jaag die dagbreek ons twee saam

Ons wil lewe in die linkerbaan
En dan wil ons seil met golwe van die oseaan
Hey liefling ons wil op die horison 'n tent opslaan (Tent opslaan)
En ons sal saam wees al stap ek saam met jou deur die reën
Vanaand gaan ons êrens heen

Tot in die verte hou die myle aan (Hou die myle aan)
Kom jaag die dagbreek ons twee saam

Ons wil lewe in die linkerbaan (Lewe in die linkerbaan)
En dan wil ons seil met golwe van die oseaan (In die oseaan)
Hey liefling ons wil op die horison 'n tent opslaan
En ons sal saam wees al stap ek saam met jou deur die reën
Vanaand gaan ons êrens heen

Vanaand gaan ons êrens heen (Wys my waarheen baby)
Vanaand gaan ons êrens heen (O wys my, wys my, wys my)
Vanaand gaan ons êrens heen (Wys my, wys my)
Wys my waarheen baby

Canzoni più popolari di 4Werke

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)